17-jarige is trots op sy digbundel

DEBUUT: Die 17-jarige digter het sy eerste digbundel vrygestel. DIE 17-jarige seun Preston Mouritz is trots om op ’n jong ouderdom sy digbundel, Biekie Biekie maak seer, vry te stel.

Mouritz het ’n voorliefde vir woorde.

Hy is in 2004 in Caledon gebore maar het in Greyton opgegroei, waar hy nou al 17 jaar woon.

Dig is vir hom ’n manier van funksioneer.

Wanneer hy skryf, moet dit stil wees om hom.

Hy moet weet waar sy potlood is en hy skryf net op wit papier sonder lyne.

Eers ná hy dit op papier neergepen het, verplaas hy die gedigte na die rekenaar.

Mouritz sê: “Iets moet my dryf om te skryf. Dit moet jou só dryf dat jy niks anders wil doen nie. Dit impliseer verset, ’n soort waansinnigheid wat móét uit ...”

Sy bundel vertel meer van sy seer en ook die liefde vir sy moeder wat hom as enkelouer grootgemaak het.